MEDIAVRYSTELLING                                                                                           22 Julie 2004

 

 

STAD KAAPSTAD-PROJEK GEMIK OP GRONDOORSAAK  VAN BENDES

 

                                                                                                                                                      bladsy een

 

Die Stad Kaapstad het ‘n doelbewuste en unieke plan aangekondig om die verspreiding van bendes op die Kaapse Vlakte te stuit.

Die projek, It’s Up to You, is die eerste vennootskap van sy soort tussen plaaslike en provinsiale regering.  Met dié projek sal die Stad Kaapstad se Veiliger Stede-program saamwerk met die Veiliger Skole-projek van die Provinsiale Departement van Onderwys.

Tydens It’s Up to You, sal die Stadspolisie en opgeleide gemeenskapsberaders skole in hoërisikogebiede besoek en leerders van die regte middele voorsien om die regte besluite oor hul toekoms te neem.

Aanvanklik, sal tien opgeleide lede van die gemeenskap en negentien Stadspolisielede tien skole besoek wat vooraf geïdentifiseer is as skole waar daar ‘n sterk druk van portuurgroepe is om by bendes aan te sluit.   Dié skole is in konsultasie met die Provinsiale Departement van Onderwys gekies.

Raadslid David Erleigh, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, het by die bekendstelling van die projek gesê dat die impak daarvan gesamentlik deur die Veiliger Stede-program en die Veiliger Skole-projek beoordeel sal word voor ‘n onafhanklike evaluasie oor ses maande.

 “Indien dit suksesvol is, sal die projek na ander skole in hoërisikogebiede regoor die Kaapse Metropolitaanse Gebied geneem word,” het hy gesê.

“Ons weet dat die vloek van bendes diep wortels in baie gemeenskappe het wat dit nou al as deel van hul daaglikse lewens aanvaar.

“Ons verbind ons vandag daartoe om dit te verander maar ons erken dat dit tyd sal neem om omstandighede te verander – tyd, baie werk en ‘n onweifelende verbintenis daartoe om die kettings wat van ons mense slawe maak, los te maak.”

Raadslid Erleigh het ‘n uitnodiging aan bende-organisasies gerig om op (021) 400 1674 met die Veiliger Stede-program in verbinding te tree.

“Die bendes behoort self aan die herstel van die morele aard van die gemeenskap van die Kaapse Vlakte deel te neem,” het hy gesê.

Vroeër vandeesweek het die Stadspolisiehoof, Mark Sangster, gesê hy glo dat bendebedrywighede aan die toeneem was. Volgens ‘n referaat geskryf deur André Standing van die Instituut vir Sekuriteitstudies, is daar 120 bendes in Kaapstad met meer as 100 000 lede.

 

STAD KAAPSTAD-PROJEK GEMIK OP GRONDOORSAAK  VAN BENDES

 

                                                                                                                                                 bladsy twee

 

“Daar is niks bekoorlik of koel in verband met bendes nie,” het raadslid Erleigh gesê. “Inteendeel, bendes is die vloek wat wegvreet aan die wese van ons gemeenskap.  As ons dit nie vernietig nie, sal dit ons vernietig.”

Hy het gesê dat dit duidelik was dat die beste manier om bendebedrywighede aan te spreek, sou wees om ‘n verenigde benadering te hê wat die gesamentlike pogings van die regering, nie-regeringsorganisasies en  die gemeenskap self behels.

“Dit is noodsaaklik dat die gemeenskappe besef dat hulle bendes kaf kan loop, selfs al kan die meeste van hulle nie ‘n tyd onthou wanneer hulle nie onder die hakskeen van bendes geleef het nie,” het hy gesê.

Die bekendstelling van It’s Up to You, wat op die Stephen Reagan-sportgrond in Westridge, Mitchells Plain gehou is, het ‘n fees van geleenthede ingesluit waartydens 700 leerders genooi is om ‘n muurskildering te skep wat ‘n bendevrye omgewing uitbeeld.

Die tien skole wat aan It’s Up to You deelneem, is Primêre Skole Weltevreden, Caravel, Alpine, Ridgeville en Beaconview, asook Sekondêre Skole Glendale, Tafelsig, Spine Road, Oval North en Cedar.

 

ENDS

 

Uitgereik deur            Rosemary Hare Skakeldiens bk

                                    Posbus 12521

                                    MEULSTRAAT

                                    8010

 

Namnes                      Die Stad Kaapstad

                                     Privaatsak X9181

                                    KAAPSTAD

                                    8000

Tree asseblief vir nadere inligting in verbinding met Rebecca Atherstone by Rosemary Hare Skakeldiens op (021) 465-1166 or 072 242 2685.

Alle mediavrystellings wat deur Rosemary Hare Public Skakeldiens uitgereik word, is beskikbaar op die webtuiste www.rosehare.co.za