bladsy een
Die Wes-Kaapse handels- en beleggingsbevorderingsagentskap, WESGRO, en Ntsika Enterprise Promotion Agency het pas ‘n uitvoerontwikkelingsprogram vir uitvoerders in die Wes-Kaap bekend gestel.
Die opleidingsprogram vir bestaande en potensiële uitvoerders sal op drie vlakke aangebied word, naamlik ‘n basies daglange uitvoerbewustheidsprogram en ‘n kursus vir maatskappye wat gereed is om uit te voer maar wat nie die ondervinding het nie. Hierdie kursus sal oor twee tot drie maande strek en 7 tot 10 dae duur. Derdens, sal daar kursusse wees vir huidige uitvoerders wat gespesialiseerde kennis nodig het. Die uitvoeropleiding sal aangevul word deur ‘n mentorskapprogram en daar sal klem gelę word op sektore en daar sal ook spesialis-intervensiekursusse wees.
WESGRO se Hoof- Uitvoerende Beampte, mnr Ismail Dockrat, sę dat die hooffokus van die inisiatief sal wees om spesiale ondersteuining aan klein en middelslag swart sake-ondernemings in die Wes-Kaap, veral op die platteland, te gee.
“WESGRO is daarop trots dat Ntsika Enterprise Promotion Agency by die program betrokke gaan wees aangesien ons ons werk kan kombineer en integreer. Ntsika het ‘n oormaat van ondervinding wat betref die verskaffing van uitvoeropleiding en die bou van kapasiteit van klein en middelsag ondernemings. Die vernaamste doel van WESGRO is om ons uitvoerbasis te ontwikkel en te verseker dat ondernemings wat deur swart persone besit word, voordeel kan trek uit uitvoergeleenthede, “ het hy gesę.Mnr Lefa Mallane, Hoof- Uitvoerende Beampte van Ntsika, het gesę dat die ondertekening van die ooreenkoms tussen WESGRO en Ntsika hul verhouding sal versterk..
“Dit is logies om ons werk op nasionale sowel as provinsiale vlak te koördineer en om uitvoerders van ons gesamentlike kundigheid te voorsien ten einde volhoubare toegang tot węreldmarkte te verseker,” het hy gesę.
bladsy twee
Die program word ingeskakel by die behoeftes van entrepreneurs wat węreldmarkte in die toekoms wil betree of wat al reeds uitvoer maar hul markte wil diversifiseer.
WESGRO is die amptelike handels- en beleggingsbevorderingsagentskap vir die Wes-Kaap. WESGRO is ook die eerste kontakpunt vir buitelandsre invoerders, plaaslike uitvoerders en beleggers wat graag voordeel wil trek uit die onbeperkte geleenthede wat die Groeiende Kaap bied.
Uitgereik
deur
Rosemary Hare Skakeldiens bk
Posbus
12521
MEULSTRAAT
8010
8001
Tree
asseblief vir nadere inligting in verbinding met Samirah Samuels by Rosemary
Hare Skakeldiens by (021) 465-1166 of 082 339 0253.
Alle
mediaverklarings wat Rosemary Hare Skakeldiens uitreik, is op die www.rosehare.co.za
webruimte beskikbaar.